Skade Genade

0.0
  1. Home
  2. »
  3. Skade Genade
Address:
Bethlehem
Description:

SkadeGenade fasiliteer boere met ʼn gemeenskaplike behoefte om hul haelrisko te bestuur in ʼn poel d.m.v. ʼn samewerkingsooreenkoms. Geld wat as premie aangewend sou word, word nou in die poel gestort. Lede betaal SkadeGenade ʼn fooi om die poel te bestuur.

Die Poel magtig SkadeGenade (Edms) Bpk om versekering vir die poel te bekom. Dit is om die skade te dek indien die poellede se skade gesamentlik meer sou wees as die beskikbare fondse in die poel. ʼn Deel van die poelfonds word hiervoor aangewend.

Die poel magtig ook SkadeGenade (Edms.) Bpk. om lede te werf vir die poel en om die risiko te bestuur. Deur die loop van die seisoen word enige skade wat mag voorkom getakseer. Daar word deurlopend aan lede van die poel verslag gedoen oor die stand van die poel in terme van deelname en skades getakseer.

Aan die einde van die seisoen word die poel afgesluit. Dit behels dat alle eise uitbetaal word en die poelreserwe pro rata verdeel word tussen lede. Indien daar ʼn tekort in die poel sou wees, word dit van King Price geëis.

Contact Information
Phone: 0836308306
Website:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Send message to listing owner

Send message to moderator